Normale Amerikaner moet ook kan voordeel trek

President Joe Biden wil aanpassings maak aan die VSA se belastingbeleid. Hy sê dit kan nie reg wees dat ‘n beleggingsbestuurder minder belasting betaal as ‘n onderwyser nie. Hy het ook melding gemaak van aanpassing wat sy voorganger Donald Trump aan belastingwetgewing gemaak het wat groot internasionale korporasies en die mijoenêrs en miljardêrs bevoordeel het. Hy sê dis tyd dat die normale Amerikaner ook voordeel trek.