Noordweste nog droog

Met onder-gemiddelde reënval wat in sommige gebiede in Namibië aangeteken is, is talle boere steeds bekommerd, veral in die Noordweste wat deur jarelange droogte geteister is. Sommige boere is bekommerd oor voldoende weiding en water vir hul vee en ander vir hul oeste. Die Kunene-streek se goewerneur, Marius Sheya sê aan Kosmos 94.1 Nuus sommige gebiede het ‘n bietjie reën gekry, maar reënval was wisselvallig.