Noordwes se boere inspireer ander, mekaar

Die suksesvolle 2022-graanoes het die vertroue in jong en ontluikende boere gevestig om voort te gaan met hulle landbou-onderneming, ten spyte van die uitdagings wat op hulle wag. Dit is volgens die LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling in Noordwes, Desbo Mohona. Die woordvoerder van die departement, Emelda Setlhako, sê een van die inspirerende verhale is dié van Seitshiro Maruoloe, wat sy landbou-onderneming in 2009 begin het met tien hektaar boontjies. Hy het tans 420 hektaar aangeplant: