Noorde-ma van kinderverwaarlosing aangekla 

’n Vrou is in hegtenis geneem in verband met kinderverwaarlosing in die Omusati-streek nadat sy haar sewe maande oue baba alleen by die huis gelos het. Die 25-jarige verdagte het na bewering haar baba alleen by die huis sonder toesig by die Uukwanangaa-nedersetting in die Onesi-kiesafdeling gelos. Na bewering het die verdagte haar babadogtertjie in die huis gelos sonder iemand om na haar om te sien en haar te borsvoed. Volgens die Namibiese polisie sal die verdagte na verwagting hierdie week in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek na die saak duur voort.