Noorde kommunale boere bemark uitstekend

Die Namibiese Vleisraad sê dat die lewendehawebedryf in die noordelike kommunale gebiede, baie goeie vordering maak. Altesaam 3 212 beeste, 296 varke, 70 bokke en vyf skape is vanjaar tussen Januarie en April in die gebiede by veilings en plaaslike abattoirs bemark. Die verkope het ‘n geraamde waarde van 29,3 miljoen Namibiese dollar gehad. Volgens die Vleisraad het bemarking dus in die tydperk met 83,4 persent toegeneem teenoor die syfers van 2021. Volgens die Vleisraad, bewys dit dat noordelike produsente gewillig is om vee te bemark, teenstrydig met kommentaar dat die boere eerder hul diere sal hou as gevolg van kulturele waardes. Die noordelike kommunale gebied is die tuiste van twee-derdes van die land se beeskuddes.