Noorde boere sê rooilyn kan gaan, maar bedryf moet beskerm word

Plaaslike media berig dat sommige boere in die sogenaamde noordelike kommunale gebied die verwydering van die veterinêre kordonheining ondersteun. Maar, die boere het die regering gemaan om te verseker dat indien die heining verwyder word, die land se vleisbedryf beskerm moet word. Die Namibiese Nasionale Boere-unie sê billike toegang tot markte is belangrik vir die noorde se boere maar, daar is kommer oor die veiligheid van die bedryf, veral in verband met uitvoere. Die unie het veral sy kommer uitgespreek dat daar terugslae sal wees as die rooilyn verwyder word. Die unie het ook gevra dat alle kwarantyn fasiliteite in die kommunale gebied in plek moet bly en versterk moet word. Die grootste uitdaging met die rooilyn is bek- en klouseer wat nie onder beheer gebring kan word as gevolg van die poreuse grens met Angola en Angolese owerhede wat nie die siekte beheer nie.