Noord-Korea verkoop dwelms vir die staatskas

‘n Voormalige kolonel in Noord-Korea, Kim Kuk-song, wat in 2014 oorgeloop het en tans in Suid-Korea woon, sê Kim Jong-un se regering laat veel te wense oor. In ‘n eksklusiewe onderhoud met die BBC, sê Kim dat hy opdrag gegee is om ‘n tik-aanleg op te rig om die dwelms te verkoop en geld vir die staat in te win. Volgens berigte, vervaardig en verkoop Noord-Korea ook heroïne en opioïed. Kim het aan die Britse uitsaaier gesê dat daar gereeld opdrag gegee word vir sluipmoord aanvalle en dat Kim Jong-un se regering ook betrokke is by geldwassery. Die land se hoof inkomste is die verkoop van wapens aan lande soos Iran en dwelms. Kim sê dat Noord-Korea nooit sy kernwapen-program sal laat vaar nie. Nuusagentskappe het verlede week berig dat hongersnood in die noorde van die land weer dreig. Dit volg na duisende in die vroeë 90’s ook aan voedseltekorte dood is.