Noord-Korea toets glo langafstand-missiele

Die staatsbeheerde Sentrale Nuusagentskap van Korea beweer Noord-Korea het oor die naweek suksesvol nuwe langafstand-missiele getoets. Volgens ‘n berig word die wapens reeds vir twee jaar ontwikkel en is dit ‘n duidelike bevestiging dat die land sy veiligheid wil waarborg. Beide die VSA en Suid-Korea ondersoek tans die geldigheid van die bewerings. Die jongste verwikkelinge volg kort voordat Suid-Korea se voorste kernkrag-kenners veronderstel is om na Japan te reis om Noord-Korea met Amerikaanse en Japannese amptenare te bespreek.