Noodtoestand – Geingob het NV se toestemming nodig

Alle oë is op President Hage Geingob met die huidige maatreëls teen Covid wat môre verval. Terwyl dit nog nie duidelik is wanneer die president die land sal toespreek nie is daar kommer oor strenger inperkings en dalk ‘n tweede noodtoestand, veral met die heersende derde vlaag van infeksies. Maar, Geingob het die parlement se toestemming nodig om ‘n noodtoestand te verklaar, soos die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.