Nog vulkaniese uitbarsting op La Palma

Vliegtuie op die eiland La Palma in die Kanariese Eilande van Spanje kan nie opstyg nie asgevolg van ‘n nuwe vulkaniese uitbarsting. Die media in Spanje berig dat dit die eerste kansellasie van vlugte is sedert die vulkaan Cumbre Vieja hierdie week uitgebars het. Nuwe ontruimings is ook aan die gang nadat groot ontploffings en nuwe krake by die vulkaan aangemeld is.