Nog twee beamptes by tronk afgedank oor verhoudings met Fishrot-lot

Plaaslike media berig dat die hoof van Korrektiewe Dienste, kommissaris Raphael Hamunyela, bevestig het dat twee beamptes van die diens verlede jaar afgedank is nadat hulle in verhoudings met van die Fishrot-beskuldigdes was. Boodskappe in die verband is op selfone gevind wat van die beskuldigdes gekonfiskeer was. Hamunyela sê die boodskappe is tussen sewe-uur saans en een-uur in die oggend gestuur tussen die beamptes en die beskuldigdes. Hy voeg by dat sedert die Fishrot-lot in die gevangenis aangehou word is drie beamptes afgedank, oor verhoudings met die beskuldigdes. Hy het bevestig dat die skuldiges die persone was wat met selfone gevind is en dit was James Hatuikulipi, Pius Mwatelulo en Sacky Shanghala. Hatuikulipi is reeds drie keer met ‘n selfoon betrap.