Nog rekord-uitvoere vir SA

Die sitrusuitvoerbedryf in Suid-Afrika gaan na verwagting verlede jaar se rekords verbeter, ondanks die baie uitdagings waarmee die Suid-Afrikaanse landboubedryf te kampe het. Uitvoere gaan na verwagting van verlede jaar se 143 miljoen kartonne tot 163 miljoen vanjaar vermeerder. Volgens die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, Justin Chadwick, is dit ondanks ‘n relatiewe klein oes vanjaar, die uitwerking van die geweld in Julie asook ‘n kuberaanval by Transnet. Suid-Afrika is die wêreld se tweede grootste uitvoerder van sitrus.