Nog reaksie op zero-loonverhoging vir SA-staatsdiens

Terwyl Namibië se onderhandelinge vir salarisverhogings vir die staatsdiens op ‘n dooiepunt uitgeloop het en tans by die arbeidskommissaris is vir bemiddeling is daar nog reaksie vanuit Suid-Afrika oor die beslissing van die Konstitusionele Hof. Die buurland se Vereniging van Staatsamptenare sê die hof se bekragtiging van die Arbeidshof se besluit dat daar geen geld is vir verhogings in die 2020/2021 boekjaar, die derde jaar van die ooreenkoms sal negatiewe gevolge hê vir gesamentlike onderhandeling in die toekoms. Reuben Maleka van die vereniging sê hulle sal die uitspraak bestudeer en dan besluit op die pad vorentoe: