Nog onduidelik waarom IPC sy Oshakati-dorpsraadslid verwyder

Die Independent Patriots for Change het sy Oshakati-dorpsraadslid, die 22-jarige Martha Imene met onmiddellike effek verwyder. Imene was die jongste raadslid wat op die dorp gedien het. Die party het in ‘n brief verklaar dat die onttrekking van Imene in ooreenstemming is met die Wet op Plaaslike Owerhede 23 van 1992. Die brief lui dat die IPC mettertyd die vul van die vakature sal kommunikeer in ooreenstemming met die prosedures wat in die betrokke wetgewing uiteengesit word. Dit is egter in hierdie stadium nog onduidelik waarom Imene verwyder is.