Nóg ‘n witrenoster in Okahandja-distrik gestroop

Nóg ‘n witrenoster is op ‘n plaas in die Okahandja-distrik gestroop, het die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, bevestig. Dit volg ná twee vars karkasse van ‘n witrenosterbul en -koei Maandag op ‘n plaas in die Outjo-distrik ontdek is. Verlede week het die ministerie bevestig dat 33 renosters tot dusver vanjaar in Namibië gestroop is, wat die totaal nou op 36 te staan bring. Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus niemand is nog in hegtenis geneem nie.