Nog ‘n veldbrand, die een wes van Okh

Lede van die boeregemeenskap wes van Okahandja het hulle hande vol met ‘n brand wat wes van Gross Barmen ontstaan het. Die jongste berigte dui aan dat die oorsprong moontlik op die regeringsplaas Rudenau was. Die wind het die brand in die rigting van die plase en plotte nader aan die dorp in ‘n oostelike rigting versprei. Spanne was nog in die vroeë oggendure besig om die brand te bestry.