Nog ‘n skietery in VSA, die keer by ‘n kerk

Een persoon is dood en vyf gewond tydens nog ‘n skietery in Amerika. Die voorval het gistermiddag by die Geneva Presbiteriaanse kerk in Laguna Woods, Kalifornië plaasgevind. Dit volg nadat tien mense Saterdag by ‘n supermark in Buffalo, New York, doodgeskiet is. ‘n Polisiebeampte van Orange County, Jeff Hallock, sê kerkgangers het die verdagte oorrompel en sy bene met ‘n elektriese koord vasgebind. Hulle het twee wapens by hom afgeneem: