Nóg ‘n oorwinning vir Proteas teen Indië

Krieket: Suid-Afrika het die tweede eendag-wedstryd in die Paarl teen Indië met sewe paaltjies gewen terwyl daar nog elf balle oor was. Indië het nou nie net die toetsreeks verloor nie, maar ook die eendag-reeks. ‘n Openingsvennootskap van 132 lopies, en twee 80-lopie-vennootskappe om die tweede en vierde paaltjies, het Suid-Afrika gehelp om ‘n totaal van 288 vir drie te behaal. Die besoekers het eerste geklof en 287 vir ses aangeteken. Met 91 was Janneman Malan die tuisspan se beste puntemaker en Tabraiz Shamsi het twee Indiese paaltjies laat spat. Die laaste wedstryd vind môre op Nuweland plaas.