Nog ‘n ontvoering in SA

Daar was nog ‘n ontvoering in die buurland. Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ‘n saak ná ‘n ses-dae-oue baba in Durban uit haar ma se arms gegryp is. ‘n Woordvoerder van die polisie, Nqobile Gwala, sê die ma beweer sy het die King Edward-hospitaal verlaat met haar baba in haar arms, maar toe sy vir ‘n bus gewag het, is sy deur ‘n onbekende vrou genader. Gwala sê die vrou het aangebied om klere en kruideniersware vir die kind te koop na sy gehoor het die ma was werkloos: