Nog ‘n kans vir Brave Gladiators
Die Brave Gladiators, Namibië se nasionale vroue-sokkerspan, speel vanaand hul tweede wedstryd teen Marokko in rondte 2 van kwalifiserende wedstryde vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys. Die Gladiators het hul vorige wedstryd teen Marokko wat verlede week Woensdag gespeel is, met 0-2 verloor. Volgens die hoof-afrigter, Paulus Shipanga, was die fokus in oefensessies daarop om hul aanvalstrategie te verfyn en hul verdedigingstaktiek in beperkte ruimtes te slyp. Slegs twee spanne van Afrika sal deurdring om aan die Olimpiese kompetisie deel te neem.