Nog meer as 20 000 aktiewe Covid-gevalle in Namibië

Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 904 nuwe Covid-gevalle uit 4 436 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 228 leerders, 65 onderwysers, 42 studente en 38 gesondheidswerkers. Daar is tans 20 178 aktiewe gevalle, waarvan 559 pasiënte in hospitale is en 84 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 22 sterfgevalle is in ses distrikte aangemeld.