Nog kritiek teen Charlize Theron

Die Vryheidsfront sê hoewel hy trots is op Charlize Theron se prestasies as ‘n internasionale aktrise, is dit duidelik dat sy nie behoorlik ingelig is oor wat in Suid-Afrika aangaan nie. Die party se reaksie volg nadat die Suid-Afrikaans-gebore Hollywood-ster tydens ‘n aanlyn-uitsending gesê het Afrikaans is ‘n sterwende taal en dat slegs 44 mense in Suid-Afrika dit nog praat. Die Suidooster-ster Jawaahier Petersen sê Afrikaans is beslis nie sterwend nie. Hy sê die gestandardiseerde of formele taalvorm het ‘n metamorfose ondergaan, wat ‘n wonderlike ding vir die land is.