Nog geen aansoeke vir verhoging in taxi-tariewe nie

Die Namibiese vervoerministerie sê hy het nie weer enige aansoeke ontvang vir ‘n verhoging in taxi-tariewe nie. Die ministerie se woordvoerder Julius Ngweda sê geen nuwe aansoeke is sedert die laaste twee verhogings ontvang nie. Die bedryf het voor dit vir 15 persent gevra maar dit is nie toegestaan nie. Die pryse is onveranderd. Ngweda sê dit wil voorkom asof hulle die verhoogte kostes absorbeer.