Nóg eksplorasieput in Oranjekom lewer olie op

Die Nasionale Petroleum-korporasie van Namibië, Namcor, in vennootskap met Shell en QatarEnergy, het vanoggend ‘n ligte olie-ontdekking in die Jonker-1X diepwater-eksplorasieput aangekondig. Die put is geboor in Blok 2913A en 2914B in die Oranjekom aan die suidelike kus van Namibië. Die boor-bedrywighede het in Desember 2022 begin en is vroeg in Maart voltooi. Die eksplorasie-lisensie behoort aan ‘n konsortium wat bestaan uit QatarEnergy en Shell met ‘n aandeel 45 persent elk en tien persent aan Namcor. Paulo Coelho, die woordvoerder van Namcor, deel die goeie nuus met Kosmos 94.1 Nuus.