Nog beroepe vir skietstilstand in Gaza

Humanitêre agentskappe het opnuut gevra vir ʼn onmiddellike humanitêre skietstilstand en die vrylating van alle burgerlike gyselaars in Gaza. Byna 9 500 mense waaronder meer as 3 000 kinders, is in Gaza dood. In Israel het Hamas 1 400 mense vermoor en meer as 200 gyselaar geneem. Die agentskappe Unicef, Save The Children en die Wêreldgesondheidorganisasie noem die situasie in Gaza verskriklik en onaanvaarbaar. Hulle sê 2,2 miljoen Palestyne se kos, water, medisyne, elektrisiteit en brandstof is afgesny en op die oomblik, alle telekommunikasie stelsels.