Nog 751 ongemerkte grafte van Kanadese inboorlinge gevind

Die Cowessess Eerste Nasie, ‘n inheemse groep in Kanada, sê 751 ongemerkte grafte is by die voormalige Marieval Indiese Residensiële Skool in Saskatchewan ontdek. Die skool is tussen 1899 en 1997 deur die Rooms-Katolieke Kerk bestuur. Volgens die BBC was dit een van meer as 130 verpligte kosskole wat deur die Kanadese regering befonds is. Die hoofman van die Cowessess Eerste Nasie, Cadmus Delorme, sê die ontdekking het weer ou wonde oor die skool oopgekrap: