Noble en Azhar terug in die hof

Grant Noble, 36 jaar oud en Dinath Azhar, 62, die twee inwoners van Walvisbaai wat daarvan beskuldig word dat hulle amper 206 miljoen Namibiese dollar se kokaïne deur Namport probeer insmokkel het, sal weer vandag voor Regter Orben Sibeya in die Windhoek Hoërhof verskyn. Noble en Azhar is op 15 Junie 2018 gearresteer nadat 412 kilogram kokaïne in ‘n vraghouer wat hulle ingevoer het, by Namport ontdek is. Die polisie het ‘n wenk ontvang en het die vraghouer, wat van Brasilië afkomstig was, dopgehou. Die dwelms is verpak in ‘n besending fotostaat papier.