Nobelkomitee prys Vrede-pryswenner Nihon Hidankyo

Die 2024 Nobelprys vir Vrede is toegeken aan die Japannese organisasie, Nihon Hidankyo, oor sy verteenwoordig van mense wat die atoombomaanval op Hiroshima en Nagasaki oorleef het, ook bekend as Hibakusha. Die Noorweegse Nobelkomitee het Nihon Hidankyo geprys vir sy pogings om weg te beweeg van kernwapens en kragtige getuienis te deel oor die gevare rondom die gebruik daarvan. Jorgen Watne Frydnes van die Nobelkomitee het op ‘n nuuskonferensie gesê die organisasie word erken vir sy dekade lange veldtog om ‘n wêreld vry van kernwapens te bereik.