Noa-hofsaak: ons gesels nog, maar dalk hooggeregshof toe, sê Venaani

Die president van die PDM het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die bevinding deur regter Collins Parker dat die aansoek in verband met die prosesse wat gevolg is vir die heraanstelling van Paulus Noa as hoof van die Teenkorruspie-kommissie. Venaani sê die meriete van die saak is onaangeraak deur Collins en hy het net bevind oor dringendheid. Hy voeg by dat hulle met die ander partye sal beraadslaag oor ‘n moontlike aansoek by die hooggeregshof.