NLU stuur studie oor impak van stropery, veediefstal van stapel

Wild- en veestropery neem regoor Namibië toe. Sommige gebiede word uitsonderlik swaar getref en rapporteer verliese van miljoene Namibiese dollar, terwyl misdaadvoorkomingsaksies reeds hoë produksiekoste verder die hoogte laat inskiet. Die Namibiese Landbou-unie het bystand versoek van die Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie om ’n onafhanklike ontleding te doen om die ekonomiese impak van die misdade te bepaal en dus doen die NLU ‘n beroep op die publiek en boeregemeenskap om die ondersoek by te staan. Data versameling begin einde Maart.