NLU se Werkgewers-vereniging vergader met arbeidsministerie

Lede van Namibiese Landbou-unie se Werkgewers-vereniging het ’n vergadering met die waarnemende uitvoerende direkteur in arbeidsministerie, advokaat Otniël Podewiltz, gehad oor die voorgeskrewe prosedures van die Wet op Arbeidsdienste  se plafon wat vir kwalifiserende werkgewers verlaag is na 10 en meer werkers. Kommer is aan die ministerie uitgespreek oor die negatiewe gevolge wat hierdie vereistes op kommersiële boere en houtskool-produsente gaan hê en om vra vir kwytskelding daarvan. Hulle meen die prosedures waarvolgens vakatures op plase nie gevul mag word sonder skakeling met die ministerie nie, is onprakties en onvanpas vir boerdery-besighede in landelike gebiede. Die ministerie het onderneem om die besware te oorweeg en teen 10 Maart te reageer.