NLU sê ministerie van myne en energie roep boere wat uraanboor weier in

Die uraanprospekteringkwessie is steeds ‘n werklikheid. Die Namibiese Landbou-unie sê tans word boorpermitaansoeke, wat prospekteerders aan die landbouministerie gerig nie verwerk nie, omdat ondersoek ingestel na beoogde mynaktiwiteite in drinkwaterbronne, wat besoedeling tot gevolg mag hê. Die unie sê die Stampriet Aquifer Uranium Mine-vereniging is nou onafhanklik en staan op sy eie voete en het ook sy eie bankrekening geopen. Die unie sê dit wil voorkom asof die ministerie van myne en energie se regskommissie individuele boere, wat tans die prospekteerder toegang tot hul grond weier, uitnooi om voor hul kommissie te verskyn ten einde die individue se weiering van toegang tot hul plase te bespreek. Regshulp word tans hieroor ingewin.