NLU: Produksiekoste vir landbou styg

Pryse vir die meeste landbou-insette het gestyg en produksiekoste is aansienlik met 18,6 persent opgestoot, terwyl inkomste vir beeste en skape jaar-tot-jaar met onderskeidelik 3,6 persent en 2,8 persent gedaal het. Dit is volgens die Namibiese Landbou-unie se landbouverslag vir die derde kwartaal. Agri-inflasie was 15 persent of meer vir 2022, wat die hoogste is wat sedert 2009 aangeteken is. Deur 2017 as ‘n basisjaar te gebruik, betaal produsente 18,6 persent meer vir hul insette en verbruikers het 5,8 persent meer betaal vir ‘n mandjie kos en nie-alkoholiese drankies.