NLU bied Agri-vooruitskouings-konferensie in Oktober aan

Die Namibiese Landbou-unie sal saam met mede-landbou-unies die Agri-vooruitskouings-konferensie op 5 Oktober in Windhoek aanbied. ’n Verskeidenheid sprekers sal inligting verskaf oor belangrike en relevante onderwerpe in die landbousektor. Van die uitdagings wat onder die loep geneem word, is onder meer die mens-dier konflik, beleidsekerheid en die ekonomiese impak van diefstal en stropery. Tanja Dahl van die NLU sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter kwessies nog op die agenda gaan wees.