Nkatas verskyn weer op moordklagte van hul dogter, 9

Die drie Zimbabwiese burgers wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n nege-jarige meisie doodgeslaan en haar liggaam aan die brand gesteek het, verskyn vandag weer in die landdroshof in die hoofstad. Die saak is verlede jaar uitgestel omdat die staat se ondersoek steeds nie afgehandel was nie. Edward Nkata en Rachel Kureva, die ouers van wyle Natalie Chipomho, is saam met Edward se vrou, Caroline in Januarie 2020 in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, dwarsboming van die gereg en lykskending. Die saak het groot opslae gemaak. Edward het Chipomho na bewering tuis aangerand en doodgeslaan waarná hulle haar oorskot in ’n munisipale drom in Windhoek Noord gegooi en aan die brand gesteek is. Landdros Jorina Jagger hoor die saak aan.