Nkata-moordsaak draai weer in die hof

Edward Nkata en sy vrou Caroline se moord-verhoor word vandag in die hoërhof voor regter Claudia Claasen voortgesit. Die saak is vroeër van die Windhoek-landdroshof na die hoërhof verskuif nadat die aanklaer-generaal alle klagtes teen die moeder van die slagoffer Natalie Chipomho, Rachel Kureva, laat vaar het. Die staat beweer Edward en sy vrou Caroline het Edward en Rachel se dogtertjie, die negejarige Natalie tuis aangerand en doodgeslaan. Die saak het groot opslae gemaak na haar half-verbrande liggaam in Windhoek-Noord in ‘n asdrom gevind is. Die saak word nog nie verhoor nie en vandag sal saakbestuur bespreek word.