Nkandla-argitek verdedig N$155m eis

Siviele prosedures teen die Nkandla-argitek Minenhle Makhanya het vandag begin in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. ‘n Siviele eis van 155 miljoen Suid-Afrikaanse rand is teen Makhanya ingestel nadat bevind is oormatige opgraderings is by voormalige president Jacob Zuma se huis aangebring. Die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, het in 2014 haar verslag rakende die opgraderings bekend gemaak. Sy het bevind Zuma trek voordeel uit maatreëls wat onder die dekmantel van sekerheid aangebring is. Die Spesiale Ondersoekeenheid sal die getuienis lei. Makhanya sal na verwagting sy eie getuies roep.