Niks sal in Zambezi verander nie

Reaksie word ontvang op berigte dat die Nasionale Raad se staande komitee op binnelandse sake en sekuriteit bevind het dat die Namibiese weermag se ontplooiing in die Zambezi-gebied in werklikheid doelloos is en dat inwoners teen die Botswana grens in vrees lewe vir die buurland se soldate. Die komitee het aanbevelings gemaak en daar is hoop dat die stand van sake moontlik kan verander, maar, volgens die stigter van die Namibian Lives Matter-beweging, Sinvula Mudabeti, sal niks verander vir die Namibiërs nie.