Nihao, vakatures by Chinese maatskappye, maar jy moet hul taal praat

Ses nuwe Chinese mynmaatskappye adverteer 145 korttermyn vakatures, en een padkonstruksie-maatskappy het 20 poste wat vir Namibiërs aangebied word, maar jy moet Chinees-magtig wees. Volgens die Tender Bulletin is die poste slegs vir 165 Namibiese burgers wat Mandaryns kan praat, lees en skryf. Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha, het sy ontevredenheid oor die taal-vereiste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel en gesê Namibië word vir die tweede keer gekolonialiseer.    

 Hy het ook sy teenkanting oor korttermyn indiensneming in Namibië uitgespreek en bevraagteken dit dat die kontakbesonderhede van vyf van die Chinese maatskappye dieselfde is, hoewel die personeel-bestuurders verskillende Namibiese name het.