Nigeriese regering se reddingspoging glo chaoties na gebou ineenstort

Die Nigeriese regering word beskuldig van ‘n chaotiese reddingspoging nadat ‘n wolkekrabber wat in aanbou was Maandag in Lagos ineengestort het. Slagoffers se gesinne sê mense wat onder die puin vasgekeer was, kon eintlik nog gered word. Die 26-jarige Zainab Sanni se familie sê hulle kon Dinsdag met haar praat, maar haar liggaam is die volgende dag gevind. ‘n Ander familielid sê reddingswerkers het net liggame uitgedra en was glad nie versigtig nie. Die jongste dodetal in die tragedie staan op 35.