Niger se weermag met militêre optrede gedreig
Leiers van die Ekonomiese Gemeenskap van State van Wes-Afrika dreig met militêre optrede teen Niger se militêre junta nadat dit verlede week die regering in ‘n staatsgreep oorgeneem het. Niger se buurlande en internasionale vennote het die staatsgreep wyd veroordeel en weier om die nuwe leierskap te aanvaar. Die leiers van Wes-Afrika dreig om alle handels- en finansiële transaksies tussen Niger en die organisasie se 15 lidlande op te skort en om sy bates in die blok se sentrale banke te bevries. Die leiers sê hulle sal enige moontlike stappe doen om die grondwetlike bestel te herstel.