Nieu Delhi se lug dood 12 000 jaarliks

Sowat 12 000 sterftes jaarliks kan spesifiek met lugbesoedeling in Nieu Delhi, Indië verbind word. Dit is volgens die 2024 State of Global Air-verslag. Die verslag sê 464 kinders onder die ouderdom van vyf sterf daagliks in Indië weens lugbesoedeling en is die grootste oorsaak van sterftes – selfs meer as tabak en diabetes. Die Wêreldbank het vroeër die jaar gesê Indië moet op sub-nasionale vlak optree vir doeltreffende besoedelingsbeheerstrategieë. Lugbesoedeling het in 2021 die dood van 8,1 miljoen mense wêreldwyd veroorsaak.