Nieteenstaande fluitjieblaser-uitdagings, is kommissie besig met talle klaers

Terwyl daar regoor die wêreld groot klem gelê word op fluitjieblasers en selfs op die vasteland met Ecowas wat ‘n strategie daarvoor ontwikkel het, word daar nie veel in Namibië in die verband gedoen nie. Die wetsontwerp vir die beskerming van fluitjieblasers is ook nog nie in die Nasionale Vergadering voorgelê nie. Maar, volgens die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, is hulle baie bedrywig met lede van die publiek wat gereeld klagtes lê.