Nienaber gee toe dat Bokke taai stryd teen Italië sal hê

Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê hulle is onder geen illusie oor die uitdaging om Italië voor hul tuisskare te pak nie. Italië draf Saterdag op die veld in Genoa na ‘n indrukwekkende oorwinning teen Australië verlede week. Nienaber sê hulle het hard gewerk om die afdelings van die spel te verbeter waar hulle in die laaste twee wedstryde probleme gehad het. Hy het bygevoeg hulle is vasbeslote om hierdie keer aan die regte kant van die telbord te wees, ná naelskraap nederlae teen Frankryk en Ierland.