Niemand weet wanneer Oscar op parool sal gaan nie, hy ook nie

Daar is nog onduidelikheid wanneer die veroordeelde moordenaar en gewese Paralimpiese atleet Oscar Pistorius op parool vrygelaat gaan word. Hy is glo ook onseker wat hy gaan doen as hy vrygelaat gaan word. Pistorius is tot 13 jaar en vyf maande gevonnis vir die dood van sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013. Pistorius het agt-maande lank in die St Albans-gevangenis gewag om Reeva se pa, Barry, te ontmoet as deel van die paroolproses. Dr. Pixie du Toit, ‘n forensiese kriminoloog sê dit verbaas haar dat Pistorius nie weet wat hy wil doen as hy vrygelaat word nie en dit is kommerwekkend.