Niehaus sê ANC-lede moet bedank

‘n Vertroueling van oudpresident Jacob Zuma, Carl Niehaus, sê die nasionale ampsdraers van die ANC en die nasionale uitvoerende komitee moet onmiddellik bedank. Hy het op Twitter reageer op voorspellings dat die ANC se steun tot minder as 50-persent sal daal in die plaaslike verkiesing. Niehaus skryf die leierskap wat die party gelei het oor die afgrond na die vallei van duisternis, in wat hy beskryf as ‘n rampspoedige verkiesing, moet verantwoordelikheid aanvaar en op hulle swaarde val.