Nie-farmaseutiese ingrypings steeds beste teen Covid

Plaaslike gesondheidsowerhede sowel as die in die buurland sê nie-farmaseutiese ingrypings is steeds die beste wapen teen die Covid-19-pandemie in die provinsie. Die regering sê alle inwoners beskik oor die mag om ‘n verskil te maak en die verspreiding van die virus te help bekamp. Inwoners word versoek om ‘n masker te dra, ‘n veilige fisiese afstand te behou en gereeld hande te was of ‘n handreiniger te gebruik. Die Wêreldgesondheidsorganisasie meen ook dit is steeds die beste manier om die verspreiding van die virus te bekamp.