Nictus werk hard om Tsumeb-winkel te heropen

Nictus Furnishers sê hy werk onverspoosd om sy Tsumeb-tak te heropen na ‘n brand gisternag omstreeks half-tien in die winkel uitgebreek het. Volgens die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Francois Wahl, is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie. Terwyl eiendom beskadig is, is niemand in die voorval beseer nie. Wahl het die dorp se inwoners sowel as die polisie, buurtwag, brandweerdiens en Dundee Precious Metals bedank vir bystand tydens die brand.