NHE verhoog rentekoerse in Augustus

Die Nasionale Behuisingsonderneming, bekend as NHE, het ‘n 0,5 persent verhoging in sy prima uitleenkoers van 7,75 persent tot 8,25 persent aangekondig, asook ‘n 0,5 persent verhoging in sy verband-leningskoers van 7,75 persent tot 8,25 persent. Dit volg op die aankondiging deur die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee om die repokoers op 15 Junie met 50 basispunte te verhoog. Ludwina Alex, waarnemende verkope- en uitleenbestuurder van NHE, sê in ‘n mediaverklaring dat die rentekoers-veranderings op 1 Augustus in werking sal tree. Sy verduidelik die toename word deur die wêreld-ekonomie beïnvloed as gevolg van die pandemie se nasleep en NHE se hoë koste van lenings.