Ngungula-uitdagings duur voort

Uitdagings met die smokkel van Angolese brandstof duur voort. Die Namibiese polisie sê ‘n man is Vrydag in Oshakati betrap met 1 205 liter Angolese brandstof sowel as 229 leë 25 liter houers om brandstof in te vervoer. Volgens die polisie het hulle die man ingejaag na inligting van die publiek ontvang is. Die waarde van die brandstof is net onder 25 000 Namibiese dollar beraam. Nog ‘n geval is aangemeld na ‘n motorongeluk naby Omuthiya. Brandstof is gevind in die NP300-bakkie wat daarby betrokke was maar die bestuurder het gevlug.